Featured Artist - Zandré
Dit is met min twyfel dat hierdie talentvolle Kaapse meisie,vinnig op haar pad is as een van Suid- Afrika se veelsydigste en gesogste vroue kunstenaars van ons tyd. Met Zandre se pragtige voorkoms word sy geinspireer deur kunstenaars soos Shania Twain, Sugarland, Gloriana en Taylor Swift. 
 
Met dit in gedagte is dit dan ook geen geheim dat Zandre baie tyd maak in haar genre vir ‘n moderne country klank wat goed aangepas en verwerk is vir die aanvraag van komersiele musiek,hetsy dit nou Afrikaans of Engels is. 
Zandre het al van ‘n jong ouderdom af haar passie vir musiek begin uitleef.

Sy het op die ouderdom van 13 reeds in sangkompetisies deelgeneem en by haar plaaslike musiekskool die student van die jaar toekenning verwerf. Zandre het die voorreg gehad om twee keer in die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir uitvoerende kunste deel te neem.Haar prestasies het ingesluit, ‘n Goue, silwer en n ‘’Industry Award’’ vir uitsonderlike verhoog optrede.

Nadat Zandre gematrikuleer het het sy haar eerste CD voltooi en plaaslike radiostasies ontvang dit tans met ope arms. Haar liedjie “Jy’s Beautiful” was ook nommer 1 op Radio Rippel in Pretoria se Top20. Haar Nuuste Album “Alice in Nashville” Doen tans ook Goed op Talle Radio Stasies reg oor die land.

Met Zandre se natuurlike skoonheid het sy ook al in verskeie nasionale en internasionale televisie advertensies en katalogusse verskyn, wat haar ewe gemaklik maak op beide verhoog asook voor die kameras.
Zandre woon tans in Pretoria waar sy fokus op haar musiek en kan gereeld by bekende feeste gesien word soos onder andere KKNK, INNIBOS, Oos Kaap Biltongfees, Innibosveld, Innirietfees ,Aardklop asook ander funksies. Haar styl kan beskryf word as ligte komersieele Country musiek , wat beslis beide jonk en oud kan geniet. 

Haar energieryke sprankel op die verhoog beloof ‘n vertoning van gehalte en in ‘n klas van haar eie te wees. Op Haar vertonings speel sy ook banjo en kitaar. 

Die eerste album het 14 snitte waarvan 10 oorspronklik is. Haar tweede album vrygestel wat n kommersiele County CD is genaamd “Somer Soene”. Op die album is ook haar musiek video 38 Special wat gesien kan word op Kyknet. Die title snit het sy self geskryf asook n ander liedjie “Tag My.”

Sy doen ook elke jaar 'n Kaapse toer waar sy haar musiek bemark. Suid Afrika se musiek bedryf het lank gewag vir die Sangeres. Dit is ongetwyfeld dat Zandre hier is om te bly en nog groot opslae gaan maak.


Haar nuutste album “Alice in Nashville” is reeds op die rake en is een van ons land se eerste Kunstenaars wat haar musiek vrygestel het aan iTunes, die wêreld se grootste “Download site”. Sy het die Album saam Dennis East opgeneem. Die klanke is Uniek aan Zandre en is n Moderne Country gernre. 
 
Haar Album word versprei deur Storm Records. Haar nuutste musiek video “Wag-Wag” is ook te sien op Kynet Musiek, Ontbytsake, Kyknet, SABC 2 en ASTV. Sy was ook in Augustus 2011 die voorblad meisie van Get It Magazine in Pretoria 2011 Desember het sy n landswye ATKV toer gedoen saam met Gerhard Steyn en Joe F.  

Min Kunstenaars kan sê dat hulle 2 liedjies onder die top 40 het van ‘n radio stasie asook ‘n nommer een by onderskeie radiostasies. 
Haar liedjie “Ek droom van jou” is ook beskikbaar op Bokradio se TOP 40 CD (Select musiek) asook “2012 Akirkaanse treffers.” (EMI) wat deel vorm van kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Kurt Darren Juanita du Plessis, Dozi en vele meer.
Zandre se album “Alice in Nashville “ was ook benoem vir 'n Ghoema toekenning vir beste Country album.Zandre ondersteun ook Charities soo Tekkie Tax, CANSA en Reach for a dream  
ZANDRE "WAG WAG" OFFISIELE MUSIEK VIDEO  - http://youtu.be/XSsdM57Haa8 
Borge 
Zanz Management; Sign-a-Rama; Pieret Functions; Eco-M
KONTAK BESONDERHEDE:  
Vir meer inligting skakel Zandre op 082 6978 169 of stuur ‘n E-pos na zanzmanagement@gmail.com / info@zandre.co.za 
Besoek ook Zandre se webtuiste : www.zandre.co.za of vind haar op
 
Facebook / MySpace / Twitter / Google+ / PhotoSugar / MusiekHuis 
 
(Inligting verskaf deur Zandre)

Are you our next "Featured Artist?

You could be! 

 
If you would like to be featured on the SA Music News Magazie website, and possibly in our online magazine, please send us your details, links to your band/artist's Facebook page, website, blog etc. and your contact details to info@samusicnews.com 

PLEASE NOTE: 
Unfortunately we cannot immediately reply to each and everyone submitting your materials, so please be patient as we go through all the info we receive and we will get back to you in due time. Should we select you/your band to be featured, we will contact you prior to posting the article to confirm if your details are up to date, so please ensure that you give us the correct contact details. Thank you. 
Have a ROCKING 2016 and we look forward to seeing you at the shows 

Stay safe and please don't drink & drive! 

SA Music News Magazine 
MORE FEATURED ARTISTS